Dit is ons voorreg om ons kerk en gemeente aan u bekend te stel. By Lede in Christus, Ebenhaéser is dit ons passie om n geleentheid te bied waar gelowiges
n lewensveranderende ondervinding met die Here kan hê en kan groei in u roeping.
As `n Gesinskerk verwelkom ons almal, ongeag van u agtergrond en waar u, u self vind op u lewensreis. Die hoof doel is om Jesus se liefde deur middel van ons Gees geïnspireerde samekomste aan individue oor te dra en almal aan te moedig om Bybelse waarhede op `n praktiese manier in daaglikse wandel uit te leef en na te streef.
Hierdie blad skets van die bedrywighede van die gemeente, ons vertrou dat u ons spoedig sal besoek en die warm aanvaarding en liefde van Jesus sal ervaar. Kom skakel gerus by ons in!