Go-Getters

Hierdie is `n proaktiewe groep vir die veelsydige ouderdomsgroep van 35-59, getroud, sowel as ongetroud.

Let wel,…..as jy binne hierdie ouderdomsgroep val, word jy beskou as `n Go-Getter – geen verskoning!

Die groep ondersteun graag die gemeente en dit is die groep se visie dat elkeen tot volheid van hul roeping in Christus sal kom en sal arbei vir die Meester.

Saam word daar uitstappies, aktiwiteit aande, klets-praatjies en allerlei sosiale byeenkomste gehou, waartydens die kinders ook sommer lekker saam kuier.