Silwerkrone

Die Silwerkrone is die juweel van die gemeente, hulle is die terugblik van wat verby is, die skatkis van ou evangelie stories, `n rigting gewer van gister-vandag-en-more, met een gemeenskaplike boodskap en visie, – `n skone Hemelland- wat nader wuif.

Saam gee hulle liefdevolle koers en wysheid aan die jonges en teregwysing, wanneer nodig.

Vele gepaste aktiwiteite & bederf word dwarsdeur die jaar vir die bejaardes aangebied terwyl die geestelike versorging geensins nagelaat word nie.