Wyksversorging

Onder die uiters bekwame en liefdevolle hande van die bekwame leiers word gereelde huisbesoeke in die bepaalde areas deur die leiers beplan en uitgevoer.

Tydens hierdie besoeke leer mense mekaar van naderby ken, maak ons vriende en staan ons mekaar by, sou lewens druk sy tol eis.

U kan mettertyd `n oproep verwag, waartydens `n afspraak vir `n besoek met u gereël sal word. Vir hulp in enige verband of meer inligting sou u betrokke wou raak – kontak gerus die kerkkantoor.